ONS VISIE
….die beste belegging in jou ontwikkeling.
ONS MISSIE
Om gebalanseerde individue te ontwikkel wat in staat sal wees om hule eie ideale te verwesenlik:
Deur aan elke leerder ‘n tuiste te bied waar volle potensiaal ontwikkel word op akademiese, kulturele en sportgebied by wyse van toegewyde opleiding en afrigting met ondersteuning van die ouergemeenskap;
En waar met trots ‘n eie identiteit bevestig word binne ‘n verantwoordbare waardestelselen sosiale verantwoorddelikheid-sfeer, gebaseer op ‘n ordelike inter-aktiewe onderrigstrategie.
ONS WAARDES
- PRESTASIE
- WENKULTUUR – Prestasie met passie gedryf deur ons Visie / Missie
- LEERDER GEFOKUS – Sukses word bepaal deur leerder se prestasie
- DEEGLIKE BEPLANNING – Noodsaaklik vir bereiking van doelwitte
- TOEWYDING
- GELOOFSWAARDES – Christelike waardes met begrip en respek vir ander geloofswaardes
- STANDAARDE – Voortreflikheid in uitvoering van take met hoë verwagtinge
- DRYF – Hoë energie met ‘n vir sukses.
- SAMEWERKING
- SPANWERK – ‘n Toewyding van elkeen om as deel van die span te presteer
- ONDERSTEUNING – Leerder, ouers en kollegas wat mekaar ondersteun sodat volle potensiaal kan ontwikkel.
- SAMEHORIGHEID – Om ‘n trots uit te straal as ‘n Volkie
ONS DOELWITTE
- Die ses stategiese noodsaaklikhede vir Hoër Volkskool om “die beste belegging in elke Volkie se ontwikkeling” te wees, bly steeds ons elkeen se grootste uitdaging. Hierdie uitdaging is:
- Om die aansien (beeld) van ons skool te verhoog deur die skep van ‘n gedissiplineerde omgewing gebaseer op ons waardes en beginsels.
- Om elke Volkie tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel op akademiese-, kultuur- en sportgebied.
- Om die diversiteit wat deur parallelmedium gebied word, te benut vir die bou van ‘n nuwe toekoms.
- Die vestiging van ‘n gesonde en dinamiese bestuursklimaat waarbinne personeel gemotiveerd hulle werk met trots kan verrig.
- Aktiewe bemarking van Hoër Volkskool Heidelberg ten einde leerder getalle aan te vul met nuwe talent.
- Om ‘n sterk finansiële basis te bou deur effektiewe finasiële bestuur en fondsinsameling te einde die standaard van onderrig te handhaaf.

