Sport

Hokkie 2011

Hokkie,Sport

Tennis

Tennis

Volkskool neem deel aan die volgende ligas:
1. Oos-Gauteng     (Seuns A – G)     (April tot Julie 2011) (Dogters A tot C)

2. Vaaldriehoek Senior     Seuns A     April tot Julie Dogters A

3. Vaaldriehoek Junior     Seuns A     Augustus tot Oktober Dogters A

  • Menlo Mixit Toernooi – 11 Maart tot 14 Maart 2011 Volkies:
  • verloor Sasolburg 9-15
  • verloor Wesvalia 9-19
  • verloor Menlopark 9-19
  • verloor Potch Gimnasium 9-20
  • wen Garsfontein 20-0

Leerders verkies tot die Oos-Gauteng Hoërskolespan:

  • Charmoné Nelson 0/15
  • Bea Kim Persense 0/15
  • Alison Ferguson 0/17
  • Stewart Ferguson 0/18
  • Nico Struwig 0/17
  • Phillip Vermeulen
  • Wouter du Toit

Alison speel teen Zimbabwe in April 2011.
Charmone en Bea Kim neem deel tydens April aan die Nasionale Interpro byeenkoms deel.

   

Leerders opgeneem in Oos-Gauteng tennisspanne om Oos-Gauteng tydens die Suid-Afrikaanse Interprovinsiale tennistoernooi te Bloemfontein te verteenwoordig:

  • Charmoné Nelson
  • BeaKim Pearsons

Leerders verkies tot D7 Tennisspanne om aan die Gauteng Tennis Kampioenskappe deel te neem:

Dogters 0/15:
Alison Ferguson, Charmoné Nelson, Mirna Coetsee, Chadene Langermann, Bea Kim Persence

Seuns 0/15
Dillan Davel, Kallie v.d. Merwe

Dogters 0/17
Michelle Vorster, Tharina du Plessis

Seuns 0/17
Stewart Ferguson, Nico Struwig, Landru Ehlers, Louis Reynolds

Leerders verkies tot die Gauteng Tennisspan om aan S.A. Sekondêre Skole Tennis Kampioenskappe deel te neem.
Stewart Ferguson, Nico Struwig, Alison Ferguson, Charmoné Nelson en Mirna Coetsee

Swem

Swem

Swemuitslae: 2 Februarie 2012:  Swemgala te Greenside High School 

Deelnemende skole:

  • Hoër Volkskool
  • Mondeor
  • Germiston
  • Edenvale
  • Greenside

Ons het aan 44 individuele items deelgeneem en die volgende plekke behaal:

  • 21 Eerste plekke
  • 10 Tweede plekke
  • 7 Derde plekke
  • 6 Vierde plekke

Marni Norwic en Hein Minnie behaal elk 3 Eerste plekke

Volkskool wen die gala met ‘n totaal van 297 punte met Mondeor in die tweede plek met 282 punte

Rugby

Rugby

Rugby 2010 – 2011

Ricardo van Niekerk word verkies tot die 0/17 NAVSFED Rugbyspan. Die span toer na Frankryk.

 

Stiaan van der Hyde word verkies tot die SA Bokkieweekspan wat toer na Italië gedurende April 2011. Hy speel ook vir die Valke B Cravenweekspan asook die O/18A Valke sewes Cravenweekspan

Leerders opgeneem in 0/18 Valke Spanne:

Stiaan vd Hyde – Cravenweek B-span

Morne Wilken – Cravenweek C-span

Stewart Ferguson – Puk 1 span

Leerders verkies tot Rugby Bokkieweekspanne::

0/19: Stiaan van der Hyde, MW Arlo, Steward Ferguson

 

Krieket

Krieket

 KRIEKET 2010 – 2011

 

Morne Wilken neem tydens die Desember 2010 vakansie (10 -16 Desember ) deel aan die Nasionale 0/17 Plattelandweek te Kimberley deel.

Hy verteenwoordig Gauteng platteland op die week as bouler. Die span was in al 5 wedstryde onoorwonne. Morne word as BESTE BOULER van die week aangewys.Hy word aan die einde van die toernooi ingesluit by die Suid-Afrikaanse 0/17 Plattelandspan.

JP Kotzé word verkies tot 0/19 SA Krieket oefengroep asook die Gauteng 0/19A span

JP se kolf gemiddeld tydens die Gautengproewe was 60.2 per wedstryd (totale lopies vir die toernooi 301) met ‘n hoogste totaal van 102 nie uit nie. JP het as 17 jarige deelgeneem aan die toernooi en is na afloop van die toernooi gekies vir die Gauteng onder 19 krieket span. Wat dit meer merkwaardig maak is dat JP net een van twee onder 17 spelers is wat die hoogste toekenning in Gauteng Skole krieket bereik het. Die Coca-Cola krieket week vir onder 19 spanne, vind plaas in Kaapstad, vanaf 11 to 16 December 2012, waartydens verskeie provinsies teen mekaar sal speel.

JP word dan ook die eerste speler uit die Vaaldriehoekstreek wat vir die Gautengskole onder 19 span gekies word. Hy neem die afgelope 8 jaar (vanaf ouderdom 10) aan die Gauteng Krieket proewe deel. Hy het in elke ouderdoms groep, Vaaldriehoek en Gauteng Skole krieket verteenwoordig. (onder 10 uitnodingings span, onder 12, onder 13, onder 15 vir twee jaar, onder 17 vir twee jaar en nou onder 19.

Seuns verkies tot Gauteng plattelandspanne:
Morné Wilken  – 0/19 Gauteng plattelandspan
Luhan Groenewald – 0/19 Gauteng plattelandspan
Gustav Maritz – Gauteng 0/17 A plattelandspan
Wicardo Visser– Gauteng 0/17 A Plattelandspan
Henry van Zyl -0/15 Gauteng Plattelandspan
Mnr Henjan van der Hyde is as afrigter aangewys van die Gauteng 0/19A Plattelandspan

KRIEKET 2012

Hoër Volkskool se 1ste Krieketspan speel gedurende Januarie teen ‘n toerspan van Hoërskool Noord-Kaap van Kimberley

Uitslag na 50 beurte:

HVH 255/9
HNK 126/10

Beste kolwers:

  • Wicardo Visser 87
  • Wian Brits 38
  • Andro Vosloo 26

Beste Boulers:

  • Wicardo Visser 2/12
  • Andro Vosloo 2/4

Volkskool en HNK Speel ook ‘n 20/20 wedstryd;

HVH  147/6
HNK 119/6

Beste Kolwer:

  • Gustav Maritz 84

 

Netbal

Netbal

Cyla Kok & Andri de Jongh word gekies vir die Oos-Gauteng Aksienetbal 0/16 span. Die toernooi vind plaas vanaf die 4de – 9de April 2011 te Pinetown.

0/17 Netbaltoer te Camp Discovery 31 Maart – 3 April 2011

1ste Netbalspan: Toer na Jabuweni 28 Maart – 31 Maart 2011

0/14 Netbalspan toer ook na Jabuweni


Dogters opgeneem in D7 netbalspanne
0/16: Cyla Kok, Andri de Jongh
0/17: Melissa Smith, Talia Roos, Jenique Willemse, Sannah Monyana, Madelein Grobler, Mart-Mari Howell, Claudia Becker
0/15: Teresa Moodley, Welmien Horn, Jacobie Engelbrecht, Velme Havenga
0/14: Riane Hough

Dogters opgeneem in Sedibengspanne om aan Gautengproewe deel te neem:
0/17 Madelein Grobler, Claudia Becker, Melissa Smith
0/16 Cyla Kok
0/15 Teresa moodley, Velme Havenga

Dogters opgeneem in Gauteng Netbalspanne:
0/17 Jenique Willemse, Sannah Monyana


Hokkie

Hokkie

0/15 & 0/16: Hokkietoer na Margate

1ste Hokkiespan toer na Stellenbosch waar Emcé Muller, Karen Mentz verkies word tot ‘n World Sports Barbarian span wat gedurende September na Portugal gaan toer.

 

Emcé Muller word in die AVS 0/19 Bokkie Hokkiespan opgeneem wat na Maleisië toer gedurende September 2011 

 

 

Spanne wat Oos-Gauteng Ligawenners is: 0/15, 0/16 en 1ste Span
Oos-Gauteng Naaswenners: 0/14 Hokkiespan

Die 0/14-, 0/15-,  en 1ste hokkiespanne vorder tot in die  Noordvaal ¼ finale terwyl die 0/16 span in die ½ finaal vorder


Atletiek & Landloop

Atletiek & Landloop

 

 
 
ATLETIEK – 2012

Interhuis 2012:

Nuwe rekords:

Seuns 0/14 Verspring: Johan van der Merwe  5.86m

Dogters 0/16 hekkies: Linné Groenewald 69.86 sekondes

Seuns 0/19 100m: Stiaan van der Hyde verbeter ‘n rekord wat van 1992 af staan met sy tyd van 10.78s

 

Hoër Volkskool Heidelberg

Atletiekverslag 27/01/2012

  • Byeenkoms te Standerton
  • Deelnemende skole:      Hoërskool Standerton, Hoërskool Genl. Hertzog, Hoër Volkskool Heidelberg
  • Standerton            1ste plekke 72     2de plekke 67    3de plekke 45
  • Volkskool          1ste plekke 44   2de plekke 40    3de plekke 55
  • Hertzog                1ste plekke 21     2de plekke 28    3de plekke 37

Hoër Volkskool Heidelberg eindig 2de algeheel.

 

Volkskool se 5 beste prestasies (volgens ASA puntetabel vir seuns en dogters): 

Seuns:                 

  • Stiaan van der Hyde       /19         1ste in 200m (21.70s)                794 punte
  • Johan van der Merwe     /14         1ste in 100m hekkies (15.10s)    766 punte
  • Stiaan van der Hyde      /19         1ste in 100m (10.80s)                 758 punte
  • H. Harmse                   /14         1ste in Diskus (39.06m)                756 punte
  • A. Britz                       /14         3de in 300m hekkies                    720 punte

 Dogters:              

  • Linné Groenewald          /16         1ste in 400m hekkies (67.00s)       822 punte
  • Marlie van Niekerk         /14         2de in gewigstoot (9.55m)            819 punte
  • Anke Nel                       /16         2de in gewigstoot (9.97m)            797 punte
  • Alison Ferguson            /17         1ste in gewigstoot (10.25m)         795 punte
  • Charmoné Nelson          /16         3de in gewigstoot (9.83m)            790 punte

 Welgedaan aan alle seuns en dogters wat na Standerton gereis het.  Dit was sekerlik een van die byeenkomste met die grootste verteenwoordiging van Volkskoolatlete in ‘n baie lang tyd.

 Atletiekverslag 01/02/2012

Top 10 byeenkoms te Bethal

Deelnemende skole:      35 skole

Hoër Volkskool Heidelberg eindig 12de algeheel.

Baie geluk aan Stiaan van der Hyde wat aangewys is as die beste naelloop-atleet van die byeenkoms.

 Atletiekverslag 03/02/2012

Byeenkoms te Heidelberg

Deelnemende skole:      Hoër Volkskool Heidelberg, Hoërskool Brandwag, Hoërskool Dr Malan en Hoërskool Dinamika

Finale puntestand:                     

  1.  Volkskool            1039.5 punte
  2. Brandwag            776.5 punte
  3. Dr Malan              590.5 punte
  4. Dinamika             538.5 punte

 

  1. Volkskool          1ste plekke 64   2de plekke 52    3de plekke 31
  2. Brandwag             1ste plekke 29   2de plekke 33    3de plekke 44
  3. Dinamika              1ste plekke 23   2de plekke 21    3de plekke 30
  4. Dr Malan              1ste plekke 21   2de plekke 31    3de plekke 30

Hoër Volkskool Heidelberg eindig 1ste algeheel.

 Volkskool se 5 beste prestasies (volgens ASA puntetabel vir seuns en dogters): 

Seuns: 

  • Stiaan van der Hyde           /19         1ste in 200m (21.54s)                      845 punte
  • Stiaan van der Hyde           /19         1ste in 100m (10.76)*                      834 punte
  • Stiaan van der Hyde           /19         1ste in 400m (51.22s)                      773 punte
  • Johan van der Merwe          /14         1ste in 100m hekkies (16.31s)*         746 punte
  • Stefan Fourie                    /19         1ste in 110m hekkies (16.29s)           723 punte

 Dogters:              

  • Natasha Kotzee                 /16         1ste in 100m (12.51s)*                    814 punte
  • Marlie van Niekerk              /14         2de in gewigstoot (9.53m)                801 punte
  • Natasha Kotzee                 /16         1ste in 200m (26.40s)                      792 punte
  • Alison Ferguson                 /17         3de in gewigstoot (10.65m)               792 punte
  • Anke Nel                          /16         2de in gewigstoot (10.10m)               785 punte

(*)Drie nuwe rekords aan Hoër Volkskool Heidelberg:

  1. Stiaan van der Hyde 10.76s in seuns /19 100m
  2. Johan van der Merwe 16.31s in seuns /14 100m hekkies
  3. Natasha Kotzee 12.51s in dogters /16 100m

Welgedaan aan alle atlete wat deelgeneem het.  Hoër Volkskool is weer besig om ‘n atletiekreus te word te danke aan julle!  ‘n Spesiale word van dank aan die organiseerders van die byeenkoms – Mnr Loutjie Dalhouzie, Mev Elaine Dalhouzie en Mnr Alwyn Burger.  Jul samewerking en motivering van die atlete het die byeenkoms ‘n reuse sukses gemaak!

Volgende byeenkoms: Byeenkoms te Herman Immelmanstadion Germiston, 15 Februarie 15:00 

Volgende Atletiekbyeenkoms: Interhoër te Sasolburg, D.P. de Villiers Stadion Saterdag 25 Februarie 2012 vanaf 08:00. Volkskoolouers kan toegangskaartjies by die skool bespreek en betaal tot Donderdag 23 Februarie 2012 voor 10:00, Volwassenes R20pp Leerders R10pp. Betaling met bestelling asb.