Skoolkleure
Die kleure is gekies deur Meester Louw:
- Groen vir die frisse jeug
- Goud vir die adel van karakter
- Wit vir reinheid
Skoolwapen
Die skoolwapen is ontwerp deur mnr. J.P. Malan:
![]() |
Die Voortrekkerwa simboliseer die vestiging van die Boerebeskawing in die Noorde.
Die lamp verteenwoordig die lig wat ‘n Volkie moet versprei.
Die ploeg dui op die arbeid wat verrig moet word.
En al die simbole is deeglik gegrondves in ‘n oortuiging wat een is met die ideale van Volkieland:
“Vir Volk en Vaderland”
Skoollied
Ds. Harper Martins, ‘n oud Volkie skryf die eerste poging van die skool lied in alleryl, dit staan bekend as die “Geleentheidslied”. Dit is later herskryf deur die gevierde Afrikaanse volksdigter en skrywer A.G. Visser in die woorde soos dit vandag nog bekend staan.
|
Geleentheidslied (Ds. Harper Martins) Dis ‘n skool met ideale, Dis ‘n volk wat hier streef Om te bou ‘n toekoms heerlik Vir ‘n volk wat lank sal leef. Dis die roem van onse volkie Wat sy kroos sal skep ‘n faam, En die Volkskool sal ook meedoen Tot sy glorie en sy naam.
Koor: Ons sal reik ons ideale, Ons sal handhaaf die moraal, En die stempel sal ons oordra Van die Volk van Afrika. Dis ‘n skool wat reeds bekend is, En ons bou nog aan sy roem, Dis die Volkskool wat ons is Dis die Volkskool wat ons noem. Ons sal wen in onse strewe, Ons sal styg in maatskappy, ons sal handhaaf onse godsdiens Ons sal kuis en edel bly.” |
Skoollied (A.G. Visser) Daar’s ‘n skool met ideale, en gebore uit die nag Uit die nag van stryd en lye Voor die opgaan van die dag Dis die Volkskool hoog verhewe, Van ons hoop die onderpand. Dat daar wag ‘n toekoms heerlik Vir ons Volk en Vaderland.
Koor: Wapper vaandel van die Volkskool Aan jou wy ons hart en hand; Al ons kragte al ons liefde, Vir ons Volk en Vaderland Oor ons waai ons eie “Driekleur”: Goue, die son wat ons bestraal; Wit, die sneeu op ons gebergtes, Groen, die vlaktes van Transvaal. Goud, die teken van ons rykdom, Wit, ons ongeskonde eer Groen, die hoop op ons toekoms, En die welvaart van weleer. Oor die lengte en die breedte Van ons land word hy genoem, Die ou Volkskool wat ons liefhet. Alma Mater wat ons roem. Groot ons dood en hoog ons strewe Aan ons Land en Volk getrou, Frisse sterkgespierde “Volkies” Ons sal handhaaf, ons sal bou. |


