Hokkie
|
NWU SUPER 12 UITSLAE 2012 |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
HVH vs OOSTERLIG : 10/03/12
HVH VS KRUGERSDORP HIGH SCHOOL: 14/03/12
HVH vs ELSPARK : 20/03/12
HVH vs ALBERTON HOëRSKOOL : 24/03/12
HVH vs GOUDRIF: 14/04/12
NWU Vaal Super 12 finale gespeel te Hoërskool Dr Malan, 21 April 2012.
0/14 A hokkiespan verloor 0 – 3 teen Hoërskool Vereeniging en eindig algeheel 2de in die reeks. 0/15 A hokkiespan wen Hoërskool Randburg 5 – 0 en eindig algeheel as Super 12 wenners. 0/16 A hokkiespan wen Hoërskool Dr Malan 1 – 0 en eindig algeheel 3de in die reeks. 2de hokkiespan wen Hoërskool Randburg 9 – 0 en eindig algeheel 7de algeheel. 1ste span wen 4 – 1 teen Benoni High en eindig 5de algeheel.
Kamp 2-5 April 2012
Hierdie was ‘n kamp om te onthou. Op 2 April 2012 het ons op ‘n hokkiekamp by Camp Discovery gegaan sowat 60km buitekant Pretoria. Volkskool se 0/14 , 0/15, 0/16 en tweede hokkiespan het saam gaan toer. Wat ‘n belewens was dit nie! Ons voel dat dit sover die beste kamp nog ooit was. Spanwerk, spangees, tegniek opleiding en natuur was alles deel van hierdie toer. Elke dag was gelaai met baie aktiwiteite en het begin met ‘n gemoedsbreker vroeg-oggend (6 uur), 2km draf deur die natuur, jy was vrywillig verplig om te draf .Met ‘n fasiliteerder wat dit die moeite werd gemaak het, al was dit vol spinnekoppe, slange en bokke. So het ons sommer ook die natuur leer ken. ‘n Vinnige warm stort, ontbyt en dan die dag se skedule van 2 wedstyde, tegniek, spanaktiwiteite en ontspanning. Hierdie was ‘n ongelooflike lekker toer !!!! Almal het in een vertrek geslaap en het so mekaar beter leer ken deur goeie en slegte tye. Dit het definitief ons spanne se eenheid en samehorigheid verbeter. Dit was lekker om ‘n bietjie in die bos te wees (jy wardeer weer jou ma se kos en jou eie bedjie) en so ook jou sport daar te beoefen. Die afrigting was van ‘n hoë gehalte en ons het goeie ondervinding opgedoen en ongelooflik verbeter as individue en span. Ons het teen 1ste spanne gespeel en goed gevaar en met elke dag se “skills” oefeninge het ons elke wedstryd verbeter. Dankie aan Juffrou Monique Markram, Juffrou Linnie, Mnr Ferdie en natuurlik Mnr Vis, hulle was altyd daar langs die baan vir ’n goeie woordjie of 2… en die ouers wat ons elke wedstryd so aanhoudend en goed geondersteun het deur die hele kamp. Julle is ware Volkies!! TROTS op julle!! |












