Krieket
KRIEKET 2010 – 2011
Morne Wilken neem tydens die Desember 2010 vakansie (10 -16 Desember ) deel aan die Nasionale 0/17 Plattelandweek te Kimberley deel.
Hy verteenwoordig Gauteng platteland op die week as bouler. Die span was in al 5 wedstryde onoorwonne. Morne word as BESTE BOULER van die week aangewys.Hy word aan die einde van die toernooi ingesluit by die Suid-Afrikaanse 0/17 Plattelandspan.
JP Kotzé word verkies tot 0/19 SA Krieket oefengroep asook die Gauteng 0/19A span
JP se kolf gemiddeld tydens die Gautengproewe was 60.2 per wedstryd (totale lopies vir die toernooi 301) met ‘n hoogste totaal van 102 nie uit nie. JP het as 17 jarige deelgeneem aan die toernooi en is na afloop van die toernooi gekies vir die Gauteng onder 19 krieket span. Wat dit meer merkwaardig maak is dat JP net een van twee onder 17 spelers is wat die hoogste toekenning in Gauteng Skole krieket bereik het. Die Coca-Cola krieket week vir onder 19 spanne, vind plaas in Kaapstad, vanaf 11 to 16 December 2012, waartydens verskeie provinsies teen mekaar sal speel.
JP word dan ook die eerste speler uit die Vaaldriehoekstreek wat vir die Gautengskole onder 19 span gekies word. Hy neem die afgelope 8 jaar (vanaf ouderdom 10) aan die Gauteng Krieket proewe deel. Hy het in elke ouderdoms groep, Vaaldriehoek en Gauteng Skole krieket verteenwoordig. (onder 10 uitnodingings span, onder 12, onder 13, onder 15 vir twee jaar, onder 17 vir twee jaar en nou onder 19.
Seuns verkies tot Gauteng plattelandspanne:
Morné Wilken – 0/19 Gauteng plattelandspan
Luhan Groenewald – 0/19 Gauteng plattelandspan
Gustav Maritz – Gauteng 0/17 A plattelandspan
Wicardo Visser– Gauteng 0/17 A Plattelandspan
Henry van Zyl -0/15 Gauteng Plattelandspan
Mnr Henjan van der Hyde is as afrigter aangewys van die Gauteng 0/19A Plattelandspan
KRIEKET 2012
Hoër Volkskool se 1ste Krieketspan speel gedurende Januarie teen ‘n toerspan van Hoërskool Noord-Kaap van Kimberley
Uitslag na 50 beurte:
HVH 255/9
HNK 126/10
Beste kolwers:
- Wicardo Visser 87
- Wian Brits 38
- Andro Vosloo 26
Beste Boulers:
- Wicardo Visser 2/12
- Andro Vosloo 2/4
Volkskool en HNK Speel ook ‘n 20/20 wedstryd;
HVH 147/6
HNK 119/6
Beste Kolwer:
- Gustav Maritz 84

