Netbal
Eerste netbalspan toer na Potchefstroom 1 – 4 April 2012
Op Sondag, 1 April vertrek die 10 eerstespan netbaldogters saam met Juf. Wilestie Stofberg na Potchefstroom vir die netbalkusus wat deur Dorette Badenhorst aangebied word.
Na ons aankoms by Hoërskool Gimnasium se meisieskoshuis is die kamers aangewys en die dogters kon hulself tuismaak.
Net na aandete is al die spanne na die saal vir hul eerste sessie in video analisering. Daarna was dit voorbereiding vir die volgende dag se vol program.
Elke dag se program het bestaan uit baanwerk, spanbou, vaardighede, ontwikkeling en wedstryde. Volkies het wedstryde teen Hoërskool Reitz, Fichardpark, Blouskool, Garsfontein, Uitsig, Paarl Gimnasium, Rustenburg Hoër en Bultfontein gespeel. Daar was ook ‘n wedstryd teen die Pukke se gemengde span.
Woensdag, 4 April is die meisies vroeg uit die vere gejaag om die bus te pak voordat daar na die netbalbane vertrek kon word vir die laaste drie wedstryde van die toer.
Dit was ‘n onvergeetlike toer waarop daar nie net nuwe netbalvaardighede geleer is nie, maar waarop daar ook, buiten die offisiële spanbousessies, aan die verhoudings binne die span gebou is in die aande wanneer daar ontspanning toegelaat was.
O/17 TOER BUFFELSPOORT
Met gees, opwinding en min wetend wat voorlê, vertrek die 0/17 Netbalspan die naweek van 16-18 Maart 2012 na Buffelspoort.
Die meisies moes vinnig kamers kies, in groepe ingedeel het vir die naweek se kosmaak en skottelgoed was en gereed maak vir ‘n onvergeetlike naweek.
Saterdag oggend het begin met ‘n 4km draf en ‘n heerlike ontbyt wat ‘n spanpoging deur die meisies was. Deur die loop van die dag is twee strawwe netbal sessies ingewerk wat bestaan het uit kegels, balwerk, fiksheid en spanbou. Diè aksies is afgesluit met ‘n heerlike braaivleis vuurtjie en ‘n laatnag swem.
Tot ‘n laat Saterdag nag kuier is ons Sondag oggend moeg wakker om reg te maak vir ontbyt, pak en vertrek.
So naweek doen ons beslis weer!
LIGA DATUMS:
|
LIGA |
||
| 12 April | Hoërskool Vereeniging | TUIS |
| 19 April | Hoërskool Driehoek | TUIS |
| 24 April | HTS Vereeniging | WEG |
| 3 Mei | Hoërskool Dr Malan | WEG |
| 10 Mei | Hoërskool Wilgerivier | TUIS |
| 15 Mei | Overvaal | TUIS |
| 24 Mei | Transvalia | TUIS |
| 2 Junie | Sedibeng finale by H/S Vereeniging | WEG |
NETBAL PRESTASIES 2012:
Die volgende dogters het D7 proewe gekry en gaan deelneem aan die Sedibeng proewe. Die Sedibeng proewe vir O/15, O/16, O/17 dogters vind Maandag, 23 April om 14:00 by HTS Vereeniging plaas.
- O/18: Melissa Smit, Sannah Mononyana, Claudia Becker, Jenique Willemse, Mart-Mari Howell.
- O/17: Charleen Jackson, Cyla Kok, Anri de Jongh, Michanne Coetzer, Chuwayda Kotze, Melany Govindsamy.
- O/16: Mia Jordaan, Teresa Moodley, Simone van Heerden.
- O/15: Rene Marx, Riané Hough, Mimi Morobi, Batsetsane Mohari, Refiloe Mabote.
Die volgende dogters het Sedibeng proewe gekry en deelgeneem het aan die Gauteng proewe:
- O/18: Melissa Smit, Sannah Mononyana, Claudia Becker, Jenique Willemse.
Die volgende dogters het Gauteng proewe gekry:
- Melissa Smith is ingesluit by die Gauteng O/19 span wat die 25ste April – 1ste Mei na Oos-Londen toe gaan vir wedstryde.
- Sannah Mononyana is gekies vir die Gauteng O/18 span.
Die volgende nege netbal spelers is Maandag, 7 Mei 2012 gekies is vir die Sedibengspan:
- O/15 – Riané Hough, Mimi Morobi, Refiloe Mabote
- O/16 – Teresa Moodley
- O/17 – Charleen Jackson, Cyla Kok, Michanne Coetzer, Chuwayda Kotze en Melany Govindsamy.
Bogenoemde netbal spelers neem deel aan Gauteng proewe vir O/15 – O/17 op Saterdag, 12 Mei 2012 by EG. Jansen om 7:00.
UITSTAANDE PRESTASIES:
- Melissa Smith het SA O/19 oefenspan gehaal tydens die toernooi wat in Oos Londen plaasgevind het vanaf 25 April – 1 Mei 2012.
- Sannah Mononyana is gekies vir die O/18 Gautengspan.
|
Netbal finale se program vir Saterdag 2 Junie by Hoërskool Vereeniging |
|||||||
|
Baan |
Tyd |
A |
B |
C |
D |
E |
F |
|
1 |
08:00 |
0/19A(G4) 0/19A(K1) W1 |
0/17A(G4) 0/17A(K1) W1 |
0/16A(G4) 0/16A(K1) W1 |
0/15A(G4) 0/15A(K1) W1 |
0/14A(G4) 0/14A(K1) W1 |
0/15C(G2) 0/15C(K1) W1 |
|
2 |
09:00 |
0/19B(G2) 0/19B(K1) W2 |
0/16B(G2) 0/16B(K1) W2 |
0/15B(G2) 0/195(K1) W2 |
0/14B(G2) 0/14B(K1) W2 |
||
|
3 |
09:45 |
0/19A(G2) 0/19A(G3) W3 |
0/17A(G2) 0/17A(G3) W3 |
0/16A(G4) 0/16A(K1) W3 |
0/15A(G4) 0/15A(K1) W3 |
0/14A(G4) 0/14A(K1) W3 |
0/14C(G2) 0/14C(K1) W1 |
|
4 |
10:45 |
0/19A(W1) 0/19A(G1) W4 |
0/17A(W1) 0/17A(G1) W4 |
0/16A(W1) 0/16A(G1) W4 |
0/15A(W1) 0/15A(G1) W4 |
0/14A(W1) 0/14A(G1) W4 |
0/15C(W1) 0/15C(G1) Finaal |
|
5 |
11:45 Finaal |
0/19B(G1) 0/19B(W2) |
0/16B(G1) 0/16B(W2) |
0/15B(G1) 0/15B(W2) |
0/14B(G1) 0/14B(W2) |
||
|
6 |
12:30 Finaal |
0/19A(W3) 0/19A(W4) |
0/17A(W3) 0/17A(W4) |
0/16A(W3) 0/16A(W4) |
0/15A(W3) 0/15A(W4) |
0/14A(W3) 0/14A(W4) |
0/14C(W1) 0/14C(G1) |
Groot skole(G)
Klein Skole(K)
Wenner(W)










