As Oud-Volkie weet u seker dat Hoër Volkskool Heidelberg ‘n skool met diepe tradisies is.
Ouers wat betrokke by skole is, sal weet dat tye baie verander het en dat daar baie meer van die skool en gemeenskap verwag word sover dit die onderhoud van ons skole aanbetref.
‘n Groep ouers het gedurende 2001 bymekaar gekom en Die Volkskool Akademie Trustgestig met die oog daarop om ondersteuning aan Volkskool te bied om te verseker dat die trotse tradisie voortgesit word.
Die Akademie dien as brandpunt vir finansiële ondersteuning waar die skool te kort mag skiet. Sonder hierdie trust sal ons skool net agter raak by ander skole in die omgewing. Die trustees doen behoefte bepalings om aanvullend tot die beheerliggaam en die skool self op te tree waar nodig.
Daar was reeds ‘n program ingestel om die sport op standaard te bring deur die krieket kliniek asook hulp met besoldiging van professionele Springbok-afrigters vir rugby en netbal.
Die akademie het gedurende 2003 ‘n klubhuis met ablusie geriewe vir die netbal en hokkie gebou ter waarde van R120 000-00. ‘n Nuwe hokkieveld ter waarde van R45 000-00 is gedurende 2004 gemaak.
Tot op hede is daar genoegsame inkomste gegenereer om ‘n kantoor daar te stel met ‘n voltydse dame wat besig is om alle Oud-Volkies op ‘n databasis te plaas. Reünies word gereël deur die kantoor. Om ‘n bespreking te doen en meer besonderhede te bekom of om Oud-Volkie besonderhede deur te gee kontak Lorraine by die Akademie Kantoor.
Fondse word gegenereer uit debietorders van Oud-Volkies, vriende van Volkskool en sakelui. Verder word gholfdae, wynproe aande en manne aande jaarliks gereel om fondse te bekom. Ons gholfdae en manne aande is gewild en indien u meer inligting wil bekom, kontak asseblief ons kantoor.
Ons versoek u om oorweging te skenk aan die instel van ‘n debietorder ten gunste van Volkskool Akademie Trust. Dit sal aangewend word om bogenoemde doelwitte te bereik. Die norm is R150 per maand maar enige ander bedrag sal waardeer word.
Ons wil graag hier melding maak van oud volkie prestasies. U kan enige inligting i.v.m. die prestasies het, kan u dit e-pos aan Lorraine de Hart. Hou gerus die spasie dop.
Indien daar enige navrae is kan u die kantoor kontak nommer skakel.
Lorraine de Hart
Tel: (016)349-6050 of (016)341-3165×204
Sel: 072 824 7371
Posadres: Postnet, Privaatsak H607, Suite 441, Heidelberg, 1438
E-pos: volkakademie@mweb.co.za

