Volkieland
Facebook

Facebook Status

Volkies Heidelberg
2014/04/23 at 14:04

Die Seunshokkie liga begin vandag te Vereeniging.
0/14 Dogtershokkie proewe vanmiddag te Benoni High.

Program vir môre se hokkieproewe is op ons webblad beskikbaar http://www.volkiesheidelberg.co.za onder die afdeling Sport / Dogtershokkie.
Die skool verdaag môre om 13H30.

Volkies Heidelberg
2014/04/23 at 12:14

Volkies wil graag vir die volgende borge dankie sê vir hul bydrae tot ons Boendoe 10 sodat dit 'n sukses kon wees!

Pick 'n Pay vir Peter en die borg van die broodjies.
Sandra Taljaard - Style Challenge
Bianca - Hair Design
Salon Carine
Cara Bunn - Skin Excellence
Elsie - Edgars Heidelberg
Kardoesie
Dawn for Hair
Ma Cherié
Hair Evolution
Resonate
Platinum Fitness
Vita Fit
Amrap
Dorps Akker Gastehuis
De Hoek Country Lodge
Marius Heyns
Oasis Water Meyerton
Piet Coetzer - hout
Nadia Botha - Biltong pakke
Sharifah Dangor - Halaal vleis
Kol. Mtshiselwa - Weermaggimnasium

Indien ons iemand uitgelos het laat weet gerus en weereens baie dankie dit word opreg waardeer!

Volkiegroete

Volkies Heidelberg
Facebook Icon2014/04/23 at 10:54

Volkietrots!
1ste Hokkiespan - Super 10 wenners!

Facebook Picture
Volkies Heidelberg
Facebook Icon2014/04/23 at 10:51

Volkietrots!
0/14 A Netbal - Super 10 wenners!

Facebook Picture
Volkies Heidelberg
Facebook Icon2014/04/23 at 09:39

Volkies Heidelberg added a new photo.

Facebook Picture
Volkies Heidelberg
Facebook Icon2014/04/23 at 08:08

Volkietrots!
0/16 A Rugbyspan - Super 10 Wenners!

Facebook Picture
Volkies Heidelberg
Facebook Icon2014/04/22 at 15:03

Boendoe "10" - 2014!
Hierdie Volkies het niks nonsens gevat nie!

Facebook Picture
Volkies Heidelberg
Facebook Icon2014/04/22 at 15:02

Volkies Heidelberg added 10 photos.

Boendoe "10" - 2014

Facebook Picture
Volkies Heidelberg
Facebook Icon2014/04/22 at 14:55

Boendoe "10" - 2014!
Die onnies het dit net so geniet! Volkietrots!

Facebook Picture
Volkies Heidelberg
Facebook Icon2014/04/22 at 14:53

Boendoe "10" - 2014!

Facebook Picture
My School

Doen aansoek vir jou MySchool MyVillage MyPlanet-kaart.
Dis gratis! Kry die kaart en begin om ‘n verskil te maak. Of skakel 0860 100 445 om aansoek te doen
MySchool_logo

Aan die hange van die Suikerbosrand met as agtergrond die pragtige natuurskoon, lê genestel ‘n skool waar die ryke tradisies van die verlede gekoester word sonder om te vergeet om toekomsgerig te wees. Hier bou jongmense ‘n pragtige toekoms, om as Volkies hulle plekke in hierdie mooi land vol te kan staan.

Volkskool is ‘n skool waar die onderwysers nie net onderwys gee nie, maar die basis skep wat verseker dat jongmense as waardige landsburgers ‘n bydrae kan maak op alle terreine van die samelewing.

Die dinamika van ‘n veranderende Suid- Afrika vra ‘n dinamiese benadering tot onderwys en opleiding – iets wat in oormaat hier te kry is. ‘n Kind is nie net ‘n kind nie, hy/sy is ‘n kosbare kleinnood wat die Hemelse Vader aan ons geskenk het om te koester en volgens Sy wil op te lei en toe te rus vir die lewe. Volkskool se waardes lê geanker in die Christelike. Daarom poog ons om te verseker dat die skool sy ouers, leerders en onderwysers dié waardes uitlewe.

Die akademie sport en kultuur geniet besondere aandag. Ouerbetrokkenheid is ‘n uiters belangrike faset van die skool. Volkskool se akademiese standaard is ononder-handelbaar. Daarvan getuig die uitslae wat jaar na jaar behaal word. As parallel-medium skool dra ons by tot ‘n veelrassige harmonie waarin elkeen gerespekteer word en almal uitnemendheid nastreef. Akademici soos die edele regters Buddy Swart en Schabort, Proff. Peet Pienaar, Kristi Pienaar, Piet Prinsloo ( Rektor van die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes Universiteit) se wortels lê hier.

Sportprestasies lê gesaai. Verskeie sportsterre het deur die jare hulle opleiding hier voltooi. Mense soos Fanie de Villiers (krieket) en Ockie Oosthuizen (rugby) het Suid -Afrika op die sportveld verteenwoordig.

Op kulturele vlak staan hierdie skool terug vir niemand nie. Uitstekende prestasie word jaar na jaar op verskillende vlakke behaal. Die operaster Emma Renzi Scheepers, wêreldkoorlede Richter en Lente-Mari Grimbeeck asook Este Gross is ‘n bewys van die kaliber mense wat spore hier getrap het. Johan Vorster (Sanggroep Eden) soos eersgenoemdes, was lid van die Orpheumkoor wat al verskeie landswye toekennings gewen het.

Die vraag is dus nie of jy hierna toe moet kom nie, die vraag is eerder wanneer jy kom, want dit is hier waar jy die beste belegging in jou toekoms kan en gaan maak.